Overwatering timer

 

R700,00

Out of stock

Category:

Description

Algemene oorsig

Hierdie universele “overwatering timer” is deur WS Elektronika ontwikkel om versoenbaar te wees met meeste spilpuntfabrikate waaronder Agrico (net spesifike modelle), Valley, Zimmatic en ander.  Opkoppeling is standaard en benodig die toestel nie ‘n “current transformer” (CT) of ‘n normaal-oop kontak op die “contactor” soos die meeste ander soortgelyke toestelle nie.

Hierdie toestel werk nie met die normale opkoppelmetode op die Agrico modelle waar die “safety-kring” die beheerstroombaan aan neutraal verbind nie.  Die rede is dat hierdie ontwerpe vereis dat die safety oopgehou moet word solank as wat die spilpunt moet staan.  Die toestel benodig egter krag om die relay oop te maak, maar sal dit op hierdie modelle sy eie toevoerspanning afsny en gevolglik nie die “safety-kring” kan oophou nie.  By sulke spilpunte kan die toestel direk in die spilpuntkas by die “centre” geinstalleer word.  Daar word egter ‘n ongebruikte draad benodig by sulke installasies om die toestel instaat te stel om die “contactor” te toets.  Maak gerus met my persoonlik kontak om meer uit te vind oor hoe so ‘n installasie gedoen kan word.

Werkingbeskrywing

Groen LED flikker wanneer toevoerspanning aktief is en die “timer” besig is om uit te loop.

Geel LED verlig wanneer toestel registreer dat “contactor” ingetrek is.  (Die groen LED sal hiertydens ook permanent verlig wees)  Die registrering vind plaas deurdat daar spanning teenvoordig is tussen die regterkantste spanningsvoerdraad en die een aan die onderkant van die “contactor”.

Rooi LED verlig wanneer die relay intrek en die “safety” kontakte oopmaak.  Dit gebeur wanneer die verstelde tyd uitgeloop het sonder dat die  “contactor” ingetrek het.  Die “safety” kontakte is normaalweg toe.

Opkoppeling

Die opkoppeling van die toestel is baie eenvoudig en word op die voorkant van die toestel dmv. ‘n diagram aangetoon.

Drade aan die bokant van die “contactor” dien as die spanningsbron waarmee die toestel werk.

Draad aan die onderkant van “contactor” dien as die sensor, sodat die toestel kan registreer wanneer die “contactor” ingetrek is.

Die “safety” kontakte word in serie met die “safety-kring” van die spilpunt gekoppel.  Die kontak is normaalweg toe en maak slegs oop wanneer die toestel akief is en vir die verstelde tyd nie geregistreer het dat die “contactor” intrek nie.  Die kontak bly oop, solank as wat die toestel se toevoerspanning aktief is.