Percentage timer

 

R1 200,00

Out of stock

Category:

Description

Percentage timer besonderhede

Algemene toepassing:

Beheer die gemiddelde spoed waarteen ‘n spilpunt loop en word by die senterkas geïnstalleer.

Werkingbeskrywing:
Toestel beheer die persentasie van ‘n minuutsiklus wat die interne relay (normaalweg oop) aangeskakel (toe) is. Wanneer toestel op P% gestel is, sal die relay vir Px60s aangeskakel wees en die oorblywende deel van minuutsiklus afgeskakel wees.
Voorbeelde:
0%: Relay is altyd afgeskakel
25%: Relay is 15s aan- en 45s afgeskakel
100%: Relay is altyd aangeskakel

Wanneer ‘n knoppie ingehou word, sal die toestel self begin tel ten einde versteltyd te bespaar.
Verstelling geskied numeries herhalend deurdat daar direk van 100% na 0% verstel kan word.

Modusbeskrywing:
Hou beide knoppies gelyktydig in om die modus te sien.
Die modus sal deur ‘n flikkerende “100” of “10” aangedui word.
Indien beide knoppies langer as 5 sekondes ingehou word, sal die modus verander.

Die 100% modus is die algemene keuse waar die persentasie van 0% tot 100% verstel kan word in veelvoude van 1%.
In die 10% modus kan persentasies van 0 tot 19,9% verstel word in veelvoude van 0,1%. Die getal op die skerm word deur 10 gedeel.
Voorbeelde:
00 = 0%
08 = 0,8%
55= 5,5%
100 = 10%
199 = 19,9%

Algemene gegewens:
Werkspanning: 100-260VAC
Siklus: 60 sekondes
Vertooneenheid: LCD (12mm karakterhoogte)
Afmetings: 110x110x52mm
Massa: 190g
Skroefgatdeursnit: 4,5mm (70mm uit mekaar, sien vooraansig)

Koppeling:
Koppeling word op agterkant van toestel aangedui.
2 insette vir 100-260VAC
2 insette na relay (NO) (Nie geskik vir meer as 5A)
Toevoerspanning en relaykontakte is elektries geïsoleer.

Additional information

Dimensions 110 × 110 × 75 cm