Pivot Shutdown (VCT)

 

R700,00

Out of stock

Category:

Description

Hierdie produk staan bekend onder die volgende name:

VCT

Pivot Shutdown

AP beveiliging

Algemene gegewens

Temperatuurgehardheidstoets geslaag:

>24 uur in 65°C omgewingstemperatuur teen +-450VAC

Verpakking:  Standaard 11-pen relay houer  75 x 35 x 80mm

Toevoerspanning: 200 – 440VAC (tipies 380VAC tussenfasespanning)

Verstelbare CT sensitiwiteit

Verstelbare wagtyd +- 0 tot 20 minute

Herstel (Reset) knoppie (met 1 sekonde vertraging)

Hierdie toetstel se spesialiteit is dat dit onthou wanneer die wagtyd uitgeloop het die vorige keer wat die krag aan was.  Sien meer hieroor by LED besonderhede hieronder.

Die toestel benodig ‘n CT (current transformer) om te monitor wanneer die spilpunt loop

 

LED Besonderhede

Groen LED flikker wanneer tyd besig is om uit te loop, maw. die spilpunt nie loop nie

Groen LED bly aan wanneer wagtyd herstel word na begin, omdat die spilpunt loop

Geel LED verlig wanneer die toestel stroom deur die CT bespeur.  Die wagtyd sal heeltyd na die begin herstel word en gevolglik sal die groen LED verlig bly om aan te dui dat die wagtyd nie uitloop nie, vir solank as wat die toestel ‘n elektriese stroom deur die CT bespeur.

Rooi LED verlig so lank as wat die relay ingetrek is en sal slegs afgaan wanneer die relay afskakel, omdat die verstelbare wagtyd uitgeloop het.

GROEN/GEEL LED flikker om die beurt om aan te dui dat die wagtyd van die toestel uitgeloop het.  Die toepassing hiervoor is wanneer meer as een toestel in series by die pompstasie gekoppel word om meer as een spilpunt te monitor.  (Spilpunte se 3-fase toevoerkabels moet afsonderlik vanaf die pompstasie loop)  Wanneer daar onsekerheid bestaan oor watter VCT die pomp afgeskakel het, maw. watter spilpunt foutief is, sal hierdie funksie help om vas te stel watter spilpunt foutief is.  Die flikkering hou self op na 30 sekondes OF wanneer die herstelknoppie vir 1 sekonde gedruk word OF die toestel stroom deur die CT bespeur.