Batterylaaier met beskerming

 

R300,00

Hierdie laaier is spanning-, sowel as stroomgereguleerd.  Standaardverstellings is ongeveer 13,8V en 1A om die eenheid geskik te maak vir die laai van 12V, 7Ah geseëlde loodsuur batterye.

 

Die toestel se beskermingsfunksie ontkoppel die battery van uitset by ‘n spanning van sowat 10V en herkoppel weer by ongeveer 12V.

 

Maksimum toevoerspanning is 38VDC.
Maksimum stroom wat deur interne kragbron voorsien kan word is 3A.

Gereguleerder spanning- en stroomvlak kan op aanvraag gewysig word volgens behoefte indien ander batterye gelaai moet word.